September 27, 2019

Belastingaftrekkings vir werknemers wat van die huis af werk

Al hoe meer werkgewers laat gesalarieerde werknemers toe om van die huis af te werk ten einde vermorsing van produktiewe ure terwyl hulle pendel, te vermy. Sodanige werknemers kan ’n tuiskantoor-aftrekking eis (wat toegelaat word ​​onder die afdeling “Ander Aftrekkings” van die persoonlike inkomstebelastingopgawe of ITR12-vorm) indien daar aan sekere streng vereistes voldoen word. Die aftrekbaarheid van hierdie uitgawes word bepaal deur artikel 11 (veral paragrawe (a), (d) en (e), saamgelees met artikels 23 (b) en 23(m) van die Wet op Inkomstebelasting[1]). Die vereistes van al hierdie bepalings moet nagekom word voordat die betrokke werknemer vir die tuiskantoor-aftrekking kwalifiseer. In […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X