Published by Admin at October 8, 2014 Die Wet op Beheer van Trustgoedere 57 van 1988 definieer ‘n trustee as “enige persoon (ingesluit die oprigter) wat optree as trustee uit hoofde van ‘n magtiging in terme van Artikel 6.” In die saak van Lupacchini teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit (16/2010) [2010], ZASCA 108 (17 September 2010), is die posisie van ‘n trustee wat sonder die nodige magtiging opgetree het, oorweeg, waar die trustee regstappe gemagtig het. ‘n Trust wat tot stand kom deur ‘n trustakte is nie ‘n regspersoon nie – maar ‘n spesiale verhouding beskryf deur die skrywers van Honoré’s South African Law of […]