Published by Admin at September 27, 2019 Is jou kennis genoegsaam oor skenkingsbelasting? Dink jy dalk daaraan om ń familielid finansieel by te staan, of om ń kind te help met ń deposito vir die aankoop van ‘n huis of motorvoertuig? Voor jy die transaksie aangaan is daar ń paar dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer dit by ń skenking en skenkingsbelasting kom. Wat is skenkingsbelasting? Skenkingsbelasting is belasting betaalbaar teen ń vaste koers van eiendom wegmaking deur skenkings (artikel 54 van 64 van die Wet op Inkomstebelasting, 1962). Skenkingsbelasting word teen ń vaste koers van 20 % gehef op die waarde van eiendom geskenk. […]