February 18, 2019

ARTIKEL 24C TOEKOMSTIGE UITGAWES

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) het op 10 Januarie 2019 ’n bindende privaatbeslissing (“BPR 315”) in ooreenstemming met artikels 78(1) en 87(2) van die Wet op Belastingadministrasie[1], uitgereik. Hierdie beslissing bepaal die toepassing van die definisie van “toekomstige uitgawes” in artikel 24C (1) van die Wet op Inkomstebelasting[2], op ’n kommoditeits-koopooreenkoms. Die aansoeker (’n inwonende maatskappy) en ’n nie-inwonende bedryfsmaatskappy (Opco) sal ’n tussenmaatskappy-ooreenkoms aangaan vir die verskaffing van koopkrediete verteenwoordigend van hoeveelhede van sekere kommoditeite wat deur Opco gemyn word. Die aansoeker sal op sy beurt hierdie koopkrediete aan die koper (ook ’n nie-inwonende bedryfsmaatskappy) verkoop kragtens ’n 40-jaar koopooreenkoms[3]. […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X