November 22, 2017

LAAT JOU BESIGHEID AANHOU GROEI

Om ’n suksesvolle besigheid te hê, beteken om seker te maak dat dit aanhou groei. Sonder groei, sal jou besigheid uiteindelik droogloop en stagneer. Maar, met die bykomende verantwoordelikheid om jou besigheid te handhaaf en te sorg dat alles glad verloop, kan dit moeilik wees om te weet waar om besigheidsgroei te soek. Kyk uit vir kostebesparings Hierdie punt is veral waar wanneer jou besigheid probeer om ’n sukkelende ekonomie te oorleef. Om kostebesparende keuses te maak kan makliker of moeiliker word, afhangende van hoe jy jou inkomste/s en uitgawes bestuur. Probeer kostebesparings vind waar jy ook al kan. Watter […]
October 19, 2017

DIE BELANGRIKHEID VAN ’N GOEIE REKENINGKUNDIGE STELSEL

As jou besigheid nie ’n effektiewe rekeningkundige stelsel in plek het nie, loop jy die risiko om ernstige foute met jou finansies te maak. Verder maak ’n goeie rekeningkundige stelsel eenvoudig die lewe makliker, en kan jy meer fokus daarop om jou besigheid te laat groei. Dit help jou om die prestasie van jou besigheid te evalueer: ’n Goeie rekeningkundige stelsel gee jou ’n deeglike oorsig van die finansiële prestasie van jou onderneming. As jy nie ’n rekeningkundige rekord het nie, hoe sal jy weet of jou besigheid groei of krimp? So, jou rekeningkundige rekords help jou om te weet […]
December 3, 2015

Die PAIA-handleiding: Het u dit al gedoen?

Indien u ‘n besigheid in die privaat sektor het en u PAIA-handleiding is nog nie opgetrek nie, is dit nou die tyd om daarmee te begin, aangesien PAIA-handleidings vir privaat entiteite teen 31 Desember 2015 aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê moet word. Weet u wie die Inligtingsbeampte gaan wees (dit kan u wees!) en watter inligting in ‘n PAIA-handleiding ingesluit moet word? Indien nie, lees gerus verder. Watter persoon in ‘n organisasie is verantwoordelik vir die PAIA-handleiding? Die hoof van ‘n privaat entiteit is verantwoordelik vir die samestelling en voorlegging van die PAIA-handleiding aan die SAMRK. In die geval […]
December 9, 2014

Die regte bank vir jou besigheid

Werk jou bankier hard genoeg om ‘n verskil aan jou langtermyn sukses te maak? Vennootskappe kan ‘n onderneming maak of breek, dus moet jy ‘n bank as vennoot kies met besigheidsgroei in gedagte. Dit sal bevredigend wees om ‘n goeie verhouding met jou bankier te hê – dit sal vir jou geld spaar op rentekoerse en kan tot nuwe sakegeleenthede lei. Jy moet net die regte vrae vra. Hierdie wenke kan jou help om jou banksake te verbeter of die regte bank vir jou behoeftes te vind. Maak dit persoonlik Dit is altyd baie bevredigend om goeie persoonlike verhoudings te […]
September 8, 2014

Beïndruk die beleggers

Wat kan jy doen om beleggers te beïndruk? Nadat jy die drie wenke hieronder bestudeer het, sal jy die vraag self kan beantwoord. Die entrepreneurskultuur is reeds sterk gevestig in Suid-Afrika, en baie entrepreneurs het waardevolle lesse geleer deur hul idees aan geharde beleggers, bekend as haaie, voor te lê in die program “Shark Tank”,  verkry van Amerikaanse televisie. Wat moet jy doen om beleggers sover te kry om hul beursies oop te maak en in jou maatskappy te belê? Janine Popick, Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) van VerticalResponse, sê dat jy “Shark Tank” moet kyk en die lesse in jou […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X