Published by Admin at June 7, 2016 Ons kliënte het waarskynlik die verskeidenheid advertensies oor die radio en in die algemene media opgemerk waarin finansiële diensteverskaffers die publiek uitnooi om in hul onderskeie sogenaamde “belastingvrye” beleggingsprodukte te belê. Hierdie produkte word moontlik gemaak deur afdeling 12T van die Inkomstebelastingwet, 58 van 1962, wat in 2015 bekendgestel is as ‘n inisiatief deur die Nasionale Tesourie ten einde ‘n spaarkultuur onder die Suid-Afrikaanse publiek aan te moedig deur gebruik te maak van die voorafbepaalde en spesifieke toegewings met betrekking tot inkomstebelasting op hierdie rekenings. In wese beteken dit dat alle bedrae wat uit belastingvrye spaarrekenings ontvang word, vrygestel is […]