Published by Admin at October 19, 2017 Ten spyte van die feit dat die SAID hul filosofie van opvoeding, diens, en toepassing daarna, handhaaf, het hulle ’n toename opgemerk in belastingbetalers wat nie hulle belastingopgawes teen die vasgestelde sperdatums indien nie, en nie hul uitstaande skuld by die SAID vereffen nie. Dit is nie beperk tot die huidige belastingjaar nie, maar sluit aansienlike nie-nakoming oor vorige belastingjare in. Dit is om hierdie rede dat die SAID vanaf Oktober 2017 strafregtelike verrigtinge teen belastingoortreders sal intensiveer. Versuim om die opgawe(s) binne die genoemde tydperk in te dien, kan lei tot: Administratiewe boetes, opgelê op ’n maandelikse basis per […]