March 12, 2018

BEGROTING 2018: DIS ’N SYFERSPEL

Suid-Afrika se begroting skets ’n baie interessante prentjie wanneer ’n mens in besonderhede kyk na die syfers wat betrokke is. Die jaarlikse nasionale begroting wat op 21 Februarie in die Parlement deur die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, voorgelê is, is die grootste begroting tot nog toe en maak voorsiening vir gekonsolideerde staatsbesteding in die 2018/2019 fiskale jaar van R1,657,200,000,000! Verreweg die grootste deel van die begroting sal aangewend word vir maatskaplike dienste in die vorm van onderwys, gesondheidsorg, maatskaplike ontwikkeling en gemeenskapsontwikkeling en infrastruktuur: R1,012.2 biljoen, of 61.08% om presies te wees (2017/2018-begroting: 56.5%). Hiervan sal ’n enorme R528.4 […]
March 13, 2017

BELASTINGKRUIPING, BTW EN DIE 2017-BEGROTING

Die persoonlike inkomstebelastingtabelle word jaar- tot- jaar aangepas en gebaseer op watter individue  belas word,  gebaseer op ‘n toenemende  glyskaal wat bepaal word deur die inkomste wat hulle ontvang en dus in watter belastingkategorie hulle sal val. Die jaarlikse aanpassings het deels ten doel om voorsiening  te maak vir belastingverligting of vir ‘n bykomende las op sekere salaristrekkers, en deels om voorsiening te maak vir die invloed van inflasie. Kyk byvoorbeeld na die primêre korting vir 2015/2016 (R13,257) vergeleke  met dié vir die 2016/2017-belastingjaar (R13,500). Dit is nou vermeerder tot R13,635 vir die 2018 fiskale jaar. As die laagste belastingdrempel […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X