Published by Admin at September 18, 2018 Wanneer dit kom by inkomstebelasting, veroorsaak die kwessie van waardasie van aandele dikwels ’n groot mate van onsekerheid, veral waar aandele nie op ’n erkende beurs verhandel word nie. Alhoewel die Agtste Skedule van die Inkomstebelastingwet[1] in paragraaf 31 ’n bietjie leiding gee oor die markwaarde van sekere bates, is die ‘allesinsluitende’ metode die prys wat verkry sou kon word by die verkoop van ’n bate tussen ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper wat op armlengte in die oop mark handel. Die reëls van kapitaalwinsbelasting bepaal dat persone op die datum van hulle dood geag word hul bates van […]