Published by Admin at September 18, 2018 Die meeste Suid-Afrikaanse besighede word een of ander tyd blootgestel aan kredietrisiko in die vorm van slegte skulde. Alhoewel belastingbetalers ongetwyfeld verkies om die skuld te verhaal, bied die Inkomstebelastingwet[1] ’n mate van verligting in gevalle waar skuld sleg of twyfelagtig geword het. Nie alleen maak Artikel 11(a) voorsiening vir die aftrekking van verliese wat werklik aangegaan is in die produksie van inkomste nie, maar artikel 11(i) en 11(j) is spesifiek gemik op ’n aftrekking of toelaag vir slegte skuld en twyfelagtige skuld onderskeidelik. Hierdie twee bepalings is egter omstrede hoofsaaklik om twee redes. Eerstens is daar geen riglyn in […]