Value-added Remarks on Value-added Tax (VAT)
May 27, 2019
Sale of shares: Income vs revenue – Back to first principles
June 11, 2019

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (“SARB”) is die sentrale bank van die Republiek van Suid-Afrika en sy primêre doel is om prysstabiliteit te bereik en in stand te hou in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika. ’n Deel van die SARB se funksies is om ’n databasis van alle leningsverpligtinge van Suid-Afrikaanse inwoners aan nie-inwoners, in stand te hou.

In gevalle waar leningverpligtinge tussen Suid-Afrikaanse inwoners en nie-inwoners gemaak word, moet goedkeuring vooraf van die SARB verkry word. Wanneer ’n aansoek by die SARB gedoen word, sal sekere inligting en stawende dokumente deur die SARB aangevra word voordat die transaksie goedgekeur en die aansoeker van ’n buitelandse leningverwysingsnommer voorsien word. Die volgende inligting en ondersteunende dokumente is oor die algemeen voldoende

  • Afskrifte van enige ooreenkomste met betrekking tot die bepalings en voorwaardes van die transaksie. In hierdie gevalle is dit belangrik om te verseker dat enige onttrekkingbepalings, rentekoerse ens. aan die SARB oorgedra word om hul rekords dienooreenkomstig by te werk. Indien daar geen dokumente is nie, kontak u adviseur om te help met die opstel daarvan.
  • Bevestiging van die bron van befondsing en die verhouding tussen die partye.
  • Voltooide en getekende aansoekvorm wat van u bank verkry kan word.

Die voormelde dokumente kan vergesel word van ’n beknopte oorsig van die transaksie om die SARB en sy verteenwoordiger ’n duidelike agtergrond van die transaksie en die beduidende bepalings daarvan, te gee. Sodra die SARB die dokumente verwerk het en alles in orde is, sal u ’n dokument ontvang met ’n buitelandse leningverwysingsnommer.

Daar word algemeen aanvaar dat SARB-goedkeuring verkry moet word voordat buitelandse fondse in Suid-Afrika ingestel word. Dit is belangrik om daarop te let dat selfs in omstandighede wanneer kontant nie onmiddellik vloei nie, ’n lening geskep word. Dit sal ook binne die omvang van die leningsbeleid van die SARB val en daarom moet goedkeuring vir sodanige transaksies/ondernemings verkry word.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X