As jou besigheid nie ’n effektiewe rekeningkundige stelsel in plek het nie, loop jy die risiko om ernstige foute met jou finansies te maak. Verder maak ’n goeie rekeningkundige stelsel eenvoudig die lewe makliker, en kan jy meer fokus daarop om jou besigheid te laat groei.
- Dit help jou om die prestasie van jou besigheid te evalueer: ’n Goeie rekeningkundige stelsel gee jou ’n deeglike oorsig van die finansiële prestasie van jou onderneming. As jy nie ’n rekeningkundige rekord het nie, hoe sal jy weet of jou besigheid groei of krimp? So, jou rekeningkundige rekords help jou om te weet of jou besigheid groei, stagneer of vertraag.
- Dit help jou om kontantvloei te bestuur en sperdatums na te te kom: Kontantvloeibestuur beteken om te weet wat jy doen met die kontant wat die organisasie binnekom. Jou rekeningkundige stelsel help jou om areas te identifiseer wat kontant benodig. Byvoorbeeld, daar kan geld nodig wees om jou skuld te finansier, of om grootskaalse opknappings aan te bring, of om nuwe voorraad te bestel, en dit is jou rekeningkundige stelsel wat jou sal help om dit vas te stel. Kortom, geen besigheid sal verder groei sonder ’n goeie kontantbestuurstelsel nie. Jou rekeningkundige boeke help jou ook om te weet wanneer rekeninge soos jou huur betaal moet word.
- Dit is nodig vir besigheidsdoelwitstelling: Jou rekeningkundige stelsel sal help om nuwe besigheidsdoelwitte vir die week, maand of jaar te stel want, as jy die besigheidsprestasie vir die afgelope finansiële jaar ken, sal dit jou help om doelwitte vir die nuwe jaar te bepaal en te stel, en om vooruit vir die besigheid te beplan.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)