‘n Bekende hofsaak, Land Bank of South Africa vs. JL Parker and Two Others (die Parkersaak) het die vereistes vir aanstelling van onafhanklike trustees onherroeplik verander en het hernude fokus geplaas op die pligte en verantwoordelikhede van alle trustees.
As gevolg van die Parkersaak vereis die meeste Meesters van die Hooggeregshof nou dat ‘n onafhanklike trustee aangestel moet word benewens die trustees wat begunstigdes van die trust is, en sal hulle dus nie ‘n Aanstellingsbrief uitreik sonder die aanstelling van minstens een onafhanklike trustee nie. ‘n Onafhanklike trustee sal ‘n persoon wees wat nie verwant is aan die stigter, die ander trustees of begunstigdes nie. Hierdie onafhanklike trustee hoef ook nie ‘n professionele persoon te wees nie, maar dit moet iemand wees wat ten volle die verantwoordelikhede besef wat hy of sy aanvaar wanneer hulle instem om as trustee op te tree, en ‘n persoon wat deur die Meester van die Hooggeregshof as bevoeg geag word om as trustee op te tree.
Alle trustees (onafhanklik of nie) word belas met die verantwoordelikheid om te verseker dat die trust behoorlik funksioneer tot die grootste voordeel van die begunstigdes. Hierdie verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie, tot:
Dit is duidelik dat ‘n persoon wat as onafhanklike trustee aangestel word, die nodige ervaring en kundigheid moet hê om hierdie funksies behoorlik te vervul, sowel as om waarde tot die trust toe te voeg. In baie gevalle het die trustees wat nie onafhanklik is nie, nie die nodige kennis en ervaring van die behoorlike administrasie van trusts nie. Verder beskik hulle ook nie noodwendig oor die kundigheid om die voertuig van die trust te gebruik ten einde die maksimum voordeel vir die begunstigdes te verkry nie. Hierdie kundigheid sluit in onderhandeling vir en toetreding tot besigheidskontrakte, holistiese belasting- en opvolgingsbeplanning, en versekering van optimale groei van die trustbates. Dit is in die beste belang van die trust dat hierdie persoon ook voldoende kennis van die impak van statutêre vereistes het, soos voldoening aan die relevante belastingwet en die effek van veranderings in wetgewing rakende die trust.
Alle trustees neem aansienlike verantwoordelikheid wanneer hulle die aanstelling as trustee aanvaar en hulle moet dus goed daaroor nadink voordat hulle sodanige aanstelling aanvaar. Enige verbreking van trusteeverantwoordelikhede deur enige trustee, insluitend die onafhanklike trustee, sal lei tot beduidende blootstelling vir die trustees. Verder sal enige optrede deur die trustees namens die trust, terwyl die korrekte aantal trustees nie deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel is nie, nietig verklaar word.
Hierdie artikel is algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)