Voorspoedige 2016
December 3, 2015
‘n Voorspoedige 2016 word vir al ons T Roos & Kie kliënte en personeel toegewens!
January 11, 2016

A3_des_newDie aanwending van sonkrag op plase is geen nuwe praktyk nie. Toerusting soos sonpompe, son-waterverhitters en arbeidershuise wat heeltemal op sonkrag funksioneer is al ‘n algemene gesig. Met die huidige kragkrisis in Suid-Afrika sal boere in die toekoms genoodsaak word om al hoe meer op alternatiewe bronne van energie staat te maak. ‘n Belegging in ‘n sonkragstelsel wat grootliks in ‘n boerdery se kragbehoeftes voorsien is ‘n lang termyn belegging wat ‘n groot kapital uitleg behels. Daar is veskeie belastingimplikasies van so ‘n belegging wat in berekening gebring moet word omdat dit die finansiele lewensvatbaarheid van die belegging asook die kontantvloeisituasie van die boerdery beinvloed:

  • Die besparing wat ‘n sonkragstelsel genereer groei normaalweg oor tyd soos wat die alternatief (Eskom krag) se tariewe verhoog. Dit impliseer dat wanneer ‘n boer ‘n sonkragstelsel finansier  behoort sy kontantvloei die meeste onder druk te wees in die eerste paar jaar wanneer die rente op die lening groter is as die besparing wat gegenereer word. Die bepaling van Artikel 12B van die Inkomstebelastingwet dat ‘n boer die stelsel op ‘n 50:30:20 basis kan eis vir inkomstebelastingdoeleindes verander egter die prentjie. Dit het ‘n groot positiewe impak om die boer se kontantvloei situasie binne die eerste drie jaar na installasie. Dit kan selfs veroorsaak dat die kumulatiewe kontantvloei positief kan bly vir die totale leefteyd van die stelsel: ongeveer 25 – 30 jaar.
  • Daar moet in ag geneem word dat die sonkragstelsel ‘n besparing genereer, wat beteken uitgawes aan elektrisiteit is minder, wat ‘n kleiner belastingaftrekking op die boer se uitgawes impliseer. Die koers hang af van die regsentitiet waarin die boerdery bedryf word.
  • Artikel 12L van die Inkomstebelastingwet bepaal dat boere onder sekere voorwaardes en bepalings kan kwalifiseer vir ‘n belastingtoegewing van 45 sent per kWh energie besparing. Hierdie syfer is egter voor-belasting. In die geval van ‘n Maatskappy, by voorbeeld, is dit steeds onderhewig aan die belastingkoers van 28%, wat dan neerkom op ‘n effektiewe toegewing van slegs 12 sent per kWh. Die lae koers van die toegewing, tesame met die prosedures (met koste-implikasies) wat gevolg moet word om te kwalifiseer vir die Artikel 12L aftrekking, is waarskeinlik die rede waarom baie min ondernemings nog hiervan gebruik gemaak het. Vandat hierdie toegewing in 2013 in aanvang geneem het, was dit slegs in 63 projekte suksesvol geeis. Daar word verwag dat die koers van hierdie toegewing in die toekoms substansieel gaan verhoog en gefinansier gaan word deur koolstofbelasting op ondernemings met ‘n groot koolstof voetspoor.
  • Koolstofbelasting gaan na alle waarskeinlikheid in 2016 geimplimenteer word. Na verwagting gaan boerderye en landbou besighede vir die eerste 5 jaar vrygestel wees van koolstofbelasting.
  • Dit is reeds moontlik vir boere om sonkrag projekte by die Verenigde Nasies te registreer ten einde koolstofkrediete te verdien. Hierdie krediete kan internasionaal verhandel word. Alhoewel die koste verbonde aan sodanige registrasie dit net vir groter skaal projekte die moeite werd maak, kan dit ‘n beduidende invloed he op die langtermyn finansiele lewensvatbaarheid van die projek.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ‘n finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X