ARC klerk van die jaar
November 9, 2015
Passive income and SARS
November 9, 2015

A4_NovT Roos & Kie het gedurende September en Oktober hard gewerk aan ons 2015 projek vir Lettie Fouché skool in Bloemfontein.

Die personeel was in 4 spanne verdeel en was die kompetisie groot om te sien wie die meeste kan insamel vir ons projek per span.

Onder andere die volgende is ingesamel vir die kinders

  • Botteltjie borrelblaas seep
  • Lyfseep
  • Waslappie of sponsie
  • Tandeborsel
  • Tandepaste
  • Lyfroom
  • Lip ice / Lip gloss
  • Lekkers/Chips…want elke kind moet bederf word!

Hierdie projek was ‘n reuse sukses en T Roos & Kie kon ‘n weselike hoeveelheid aan Lettie Fouché skool skenk. Ons is baie trots op T Roos & Kie en sy personeellede dat almal so aktief betrokke was en vir almal se belangstelling en ondersteuning.

Baie dankie aan elke personeellid wat ons gehelp het met hierdie spesiale projek, asook die personeel groep wat die meeste ingesamel het.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X