T Roos personeel ondersteun Reach For A Dream: Slipper dag
August 11, 2015
Belastingterme gebruik in die media: Weet jy wat die terme beteken?
September 7, 2015

A1bDit is vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat Claassens & Grobbelaar Geoktrooieerde Rekenmeesters saamsmelt met die oudit firma ARC Geoktrooieerde Rekenmeesters, die maatskappy sal voortaan as ARC Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure Vrystaat bekend staan. ARC Geoktrooieerde Rekenmeesters is ‘n nasionale firma met takke regoor Suid Afrika.

In hierdie baie mededingende industrie merk die samesmelting vir ons die begin van vele nuwe groei geleenthede in verskeie sektore wat in die verlede nie moontlik was nie. Die samesmelting verdiep ons  kundigheid  en vergroot ons kapasiteit wat ons in staat sal stel om ‘n hoër gehalte diens te lewer aan ons kliënte. Geografiese, kapasiteit en spesialis kundigheid sal voortaan nie vir ons ‘n beperkende faktor wees in ons strewe na die beste moontlike diens vir ons kliënte nie

ARC Geoktrooieerde Rekenmeesters is ‘n maatskappy wat spog met 18 direkteure met vele jare se ondervinding in die publieke en privaat sektor. Die maatskappy plaas ‘n baie groot klem op transformasie en streef daarna om die beste moontlike opleiding aan ons leerlingrekenmeesters te bied.

Besoek gerus die maatskappy se webtuiste by www.arcinc.co.za vir meer inligting die webtuiste sal eersdaags aktief wees.

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X