Aan De Wet Claassens wat T Roos en Kie verlaat aan die einde van Januarie.
Dit was vir ons ‘n plesier en ‘n voorreg om saam met jou te kon werk.
Dankie vir die voorbeeld van toegewydheid en leierskap wat so deel is van jou.
Jy het elkeen van ons geïnspireer en vir baie pret in die kantoor gesorg. Ons gaan jou baie mis.
Ons bid vir jou die Vader se seën toe en voorspoed met die nuwe uitdaging wat vir jou voorlê.