Sekere riglyne vir boedelbeplanning
December 9, 2014
Provisional tax: Did you know?
December 9, 2014

A3Werk jou bankier hard genoeg om ‘n verskil aan jou langtermyn sukses te maak? Vennootskappe kan ‘n onderneming maak of breek, dus moet jy ‘n bank as vennoot kies met besigheidsgroei in gedagte. Dit sal bevredigend wees om ‘n goeie verhouding met jou bankier te hê – dit sal vir jou geld spaar op rentekoerse en kan tot nuwe sakegeleenthede lei. Jy moet net die regte vrae vra.

Hierdie wenke kan jou help om jou banksake te verbeter of die regte bank vir jou behoeftes te vind.

  1. Maak dit persoonlik

Dit is altyd baie bevredigend om goeie persoonlike verhoudings te hê met die mense by jou bank wat die besluite neem. Bespreek jou onderneming van aangesig tot aangesig met hulle tydens gereelde gesprekke en stem in om nuwe beleggers na hul bank te bring in ruil vir laer rentekoerse op kredietkaarte en ander finansiële produkte of gratis dienste. Op hierdie manier was die een hand die ander in ‘n wedersydse lonende vennootskap.     

  1. Doen ‘n voorlegging

Kleinsake-eienaars behoort te put uit die kundigheid van sommige bankamptenare wat kan help om hul besigheid te laat groei. Doen ‘n voorlegging aan hierdie amptenare waarin jy hulle raad vra rakende jou maatskappy se finansiële prestasie, sakegeleenthede en die vooruitsig op groei binne jou industrie. Gebruik hul terugvoer om jou besigheid aan potensiële beleggers te bemark. 

  1. Laat jou bankier vir jou werk

Bankiers is baie kundig wanneer dit kom by die skep van samewerkingsooreenkomste tussen kliënte wanneer een kliënt se diens of produk ‘n ander se probleem kan oplos. Indien jou bankier jou nie van sulke sake-idees voorsien nie, maar jou slegs kontak wanneer hy ‘n nuwe produk wil bemark, is dit tyd om van bank te verander.

  1. Vra die moeilike vrae

Dit is jou volste reg om die bankier uit te vra oor hul bewese prestasies en veiligheidsmaatreëls ten einde jou finansiële bates teen wanbestuur en bedrog te beskerm. Hy moet jou ook kan inlig oor hul betrokkenheid by die bevordering van besigheid in jou industrie en gemeenskap. Indien hulle, in die geval van diefstal of bedrog, hulp aanbied in die vorm van ‘n lewende persoon, nie ‘n onpersoonlike inbelsentrum nie, kan hierdie verhouding moontlik tot groot voordeel van jou en jou maatskappy wees.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X