Vrydag, 21 November 2014 het T Roos & Kie sy personeellede beloon met ‘n welverdiende Jaareindfunksie soos min!
Dit was ‘n aand met heerlike kos, baie pret en saam kuier tot laat.
T Roos & Kie wil graag sy personeellede bedank vir al hulle harde werk en lojaliteit gedurende 2014… julle is voorwaar die beste en ons is trots op een en elkeen van julle. Mag julle ‘n geseënde Christusfees saam met julle geliefdes beleef en ook geseën word met ‘n voorspoedige 2015!