Inter-Vivos Trusts and Testamentary Trusts
October 8, 2014
Appointment of the Executor of my Will
October 8, 2014

A2blDie Wet op Beheer van Trustgoedere 57 van 1988 definieer ‘n trustee as “enige persoon (ingesluit die oprigter) wat optree as trustee uit hoofde van ‘n magtiging in terme van Artikel 6.”

In die saak van Lupacchini teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit (16/2010) [2010], ZASCA 108 (17 September 2010), is die posisie van ‘n trustee wat sonder die nodige magtiging opgetree het, oorweeg, waar die trustee regstappe gemagtig het.

‘n Trust wat tot stand kom deur ‘n trustakte is nie ‘n regspersoon nie – maar ‘n spesiale verhouding beskryf deur die skrywers van Honoré’s South African Law of Trusts[1] as “a legal institution in which a person, the trustee, subject to public supervision, holds or administers property separately from his or her own, for the benefit of another person or persons or for the furtherance of a charitable or other purpose.”

Alhoewel die trust eiendom in elke trustee individueel vestig, moet hulle gesamentlik optree, tensy die trustakte anders bepaal. Hulle individuele belange negeer nie die vereiste dat hulle saam moet optree nie.

Die gevolg van ‘n handeling wat in stryd met ‘n statutêre verbod gepleeg is, is al telkemale oorweeg in ander sake, en dit hang af van die behoorlike konstruksie van die wetgewing en die bedoeling van die wetgewer.

Die doel van die wet is om die Meester in staat te stel om toesig oor trustees te kan hou en hulle administrasie van die trust en Artikel 6(1) is essensieel hiervoor, en om die trustees te belet om op te tree alvorens hulle gemagtig is deur die Meester, verseker die wet dat trustees net kan optree as hulle sodanig voldoen aan die wet.

In Kropman NO teen Nysschen[2] is bevind dat ‘n hof die diskresie het om handelinge van ‘n trustee wat sonder die nodige magtiging opgetree het, terugwerkend goed te keur. Hierdie standpunt is met oortuiging in latere sake verwerp.

Locus standi in iudicio” daarenteen is iets anders en is nie afhanklik van die magtiging om op te tree nie, maar hang af of die litigant geag word deur die hof om ‘n genoegsame belang in die litigasie te hou.

Alhoewel Artikel 6(1) ‘n trustee se bevoegdheid om in daardie hoedanigheid op te tree opskort, kan hy of sy ‘n genoegsame belang in die administrasie van die trust hou om locus standi te hê.

Die essensie van die verbiedende frase in artikel 6(1) “… shall act in that capacity only if authorised thereto …”, moet geïnterpreteer word om te bedoel dat ‘n trustee nie voor die Meester se magtiging, enige regte mag bekom vir of kontraktueel verpligtinge aangaan namens, die trust nie en is nie bedoel om die kwessie van locus standi in iudicio te reguleer nie.

Litigasie wat ingestel word deur ongemagtigde trustees en kommersiële transaksies wat die trust bind, is ongeldig en nietig.

[1] 5th ed (2002) by Edwin Cameron with Marius de Waal, Basil Wunsh and Peter Solomon para 1.

[2] 1999 (2) SA 567 (T) at 576F.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X