Wat gebeur met my bankrekeninge wanneer ek te sterwe kom?
June 11, 2014
Halfjaareindfunksie – T Roos & Kie
June 11, 2014

Tax calculator and penMet die afsluit van die belastingjaar op 28 Februarie 2014 word dokumente aan u uitgereik wat vir belastingdoeleindes bewaar moet word.

Die volgende dokumente moet, indien van toepassing, voorsien word aan die rekenmeester wat u belastingpgawe voltooi en moet beskikbaar wees sou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) dit aanvra:


1. IRP5- en IT3- sertifikate
IRP5- of IT3-sertifikate ten opsigte van salaris, annuïteite, pensioen of ander inkomste ontvang.

2. Rente ontvang – plaaslik en buitelands
IT3-sertifikate wat die rente verdien vir die jaar 1 Maart 2013 tot 28 Februarie 2014, aantoon met betrekking tot spaarrekeninge, tjekrekeninge, vaste deposito’s en ander beleggings.

3. Dividende ontvang – plaaslik en buitelands
Besonderhede en/of bewyse van dividende ontvang.

4. Erflatings en skenkings ontvang
Besonderhede en/of bewyse van erflatings en skenkings ontvang.

5. Kapitaalwins of -verlies
Die volgende inligting word vereis:

  • Was die bate u residensiële eiendom?
  • Opbrengs met verkoop van die bate.
  • Basiskoste van bate, m.a.w. koopprys van bate indien aangekoop na 1 Oktober 2001, of ‘n kapitaalwinswaardasie van die bate.

6. Ander inkomste
Besonderhede en/of bewyse van ander inkomste (bv. vennootskapinkomste).

7. Mediesefondsbydraes

  • Mediesefondsbydraesertifikaat
  • Bewyse van betaling van eise wat nie deur u mediese fonds gedek is nie en deur u self betaal is.

8. Annuïteitsfondsbydraes
Annuïteitsfondsbydraesertifikate.

9. Reistoelae
Indien u uitgawes teen u reistoelae wil eis, moet die logboek vir die belastingjaar voorsien word tesame met die volgende inligting rakende die voertuig waarvoor u die reistoelae ontvang het:

  • Fabrikaat en model
  • Jaar van vervaardiging
  • Koopprys
  • Registrasienommer
  • Kilometerlesing op 1 Maart 2013
  • Kilometerlesing op 28 Februarie 2014

Indien u rekord gehou het van die reisonkostes in die jaar moet bewyse van die volgende voorsien word:

  • Brandstof- en olieverbruik
  • Herstelwerk gedoen
  • Versekering- en lisensiegeld
  • Bruikhuur/Afbetalingsooreenkoms

10. Inkomstebeskermer
Bydraesertifikate.

11. Donasies
Bewyse van aftrekbare donasies.

12. Ander inligting
Besonderhede van enige optrede of gebeurtenis wat u belastingaanspreeklikheid mag beïnvloed.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X