Bewyse wat nodig is vir inkomstebelastingopgawes – Individue
June 11, 2014
T Roos & Kie help diere in nood
July 8, 2014

Op Vrydag, 06 Junie 2014, was hier baie aksie en opwinding op ons gronde. Dit was T Roos & Kie se “halfjaareindfunksie”.

Die resultaat was spangees, lag en lekker eet…en dit nog in een van die koudste dae wat Bloemfontein in lang tyd getref het.

IMG_0096Die tema van die dag was: “My favourite cartoon character(s)”. Die personeel is in spanne ingedeel en het aan aktiwiteite soos “Minute-to-Win-it”, “30 seconds” en stomstreke deelgeneem.

Dit was groot pret…

pic2Die wenspan wat met die louere weggestap het was die “Big Joe’s”!

Daar was ook pryse vir die personeellede wat die beste aangetrek het volgens die tema. Die wenners hier was:

1ste plek – Alzanne van Huyssteen
2de plek – Selma Kruger
3de plek – Penny Brits

Baie dankie aan al die personeellede se deelname aan hierdie suksesvolle dag.

Julle werk hard en word as personeellede baie waardeer en ons kan met oortuiging sê dat julle werklik die hartklop van die praktyk is.

Tot Junie 2015!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X