CF Grobbelaar 9/5/1937 – 24/04/2014
Dis met groot hartseer waarmee ons een van T Roos & Kie se legendes, Mnr. Neels Grobbelaar snr, skielik moes groet.
Ons sal hom altyd onthou vir sy positiewe en volhardende gesindheid. Baie sterkte aan mevrou Grobbelaar, Neels jnr en die res van die familie in hierdie moelike tyd.
Hier volg ‘n aanhaling van sy afskeidsgroet tydens sy begrafnisdiens:
“Ons sal hom altyd onthou vir die sonskyn wat hy in ons lewe gebring het. Sy heengaan is vir ons swaar, maar laat ons nie in die duister nie, omdat God se lig vir ons die weg aandui. Ons weet Hy het hom opgeroep na Sy ewige woning om daar as sieraad te dien, dat sy liefde vir sy hemelse Vader, sy meelewing en opofferings vir ons wat nou agterbly, nie sonder beloning gebly het nie.
Ons eer die nagedagtenis van my eggenoot, ons vader en oupa met waardigheid en liefde.”
Mnr. Grobbelaar, T Roos & Kie salueer jou.