The importance of the independent trustee
December 3, 2013
Sekere riglyne vir boedelbeplanning
December 3, 2013

DVrydag, 22 November 2013 was D-dag… T Roos & Kie het sy personeellede beloon met ‘n welverdiende Jaareindfunksie soos min!

Dit was ‘n aand propvol styl, vermaak en heerlike kos met ‘n ekstra je ne sias quoi (soos wat die Franse sou sê).

T Roos & Kie het die funksie gehou by die bekende en luukse Coco C Restaurant & Chocolatier in die stad.

Die seremoniemeester, Jaco De Wet, het gesorg vir baie lag, sang en dans.

T Roos & Kie wil graag sy personeellede bedank vir al hulle harde werk en lojaliteit gedurende 2013…julle is voorwaar die beste en ons is trots op een en elkeen van julle. Mag julle ‘n geseënde Christusfees saam met julle geliefdes beleef en ook geseën word met ‘n voorspoedige 2014!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X