Ons is bly om aan te kondig dat, bykomend tot ons uitgebreide reeks van oudit-, belasting -en rekeningkundige dienste, ons ook nou SEB verifikasie dienste verskaf.
Elke organisasie ongeag die grootte daarvan behoort ekstensief te fokus op Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) beide as ‘n strategiese en sosiale noodsaaklikheid.
Dit is uiters belangrik dat veral groot en medium besighede effektiewe infrastruktuur en ondersteunings-meganismes implementeer om te verseker dat volhoubare SEB beplanning en metodologieë in plek is.
In samewerking met ‘n geakkrediteerde SEB verifikasie agentskap verskaf ons die volgende dienste:
Ons bied nie SEB-raadgewende dienste met betrekking voorafbeplanning of eind-verifikasie analise aan nie, aangesien dit ons onafhanklikheid en objektiwiteit as verifikasie ouditeure beïnvloed.
Indien enige sodanige dienste nodig is, sal ons meer as gelukkig wees om u te verwys na ‘n plaaslike SEB-raadgewende spesialis wat kan help met die strukture en inisiatiewe om u besigheid se SEB-profiel te verbeter.
Kontak ons asseblief vir ‘n konsultasie. Kwotasie kan wissel na gelang van die grootte en die vereistes van die betrokke organisasie.