Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-verifikasie
February 26, 2013
CIPC (Companies and Intellectual Property Commission) issues new deregistration guidelines
February 26, 2013

TRoos_MOI BOns wil graag van die geleentheid gebruik maak om u te verwittig van die belangrike Maatskappywet verwikkelinge wat u Maatskappy direk raak en aangespreek moet word.

Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008 (die “Wet”), het in werking getree op 1 Mei 2011.

Die Wet bring grootskaalse wysigings aan die bestaande maatskappyreg tot stand deurdat die Suid-Afrikaanse dispensasie wegbeweeg van ‘n oorwegend Engelsregtelike benadering en ‘n meer Amerikaanse benadering volg.

Een van die belangrikste wysigings wat die Wet tot gevolg het is die bekendstelling en implementering van die nuwe Akte van Oprigting of sogenaamde Memorandum of Incorporation (die “MOI”).

Die MOI vervang die statute en akte van oprigting (“grondwetlike dokumente”) van alle maatskappye soos vereis in terme van die ou wet en word die MOI voortaan ‘n vereiste vir elke nuwe maatskappy registrasie.

Die Wet bepaal verder ook dat alle maatskappye wat voor 1 Mei 2011 geregistreer is vereis word om hul bestaande grondwetlike dokumente met die MOI te vervang binne twee jaar na 1 Mei 2011 om te verhoed dat bepalings in hul huidige akte en statute wat teenstrydig is met die Wet moontlik as ongeldig beskou mag word.

Voordele daaraan vebonde om die sperdatum te haal behels die volgende:

  • As die wysiging voor 30 April 2013 uitgevoer word, sal daar geen “Companies and Intellectual Property Commission (CIPC)” fooi gehef word nie.
  • Enige bepaling vervat in ‘n maatskappy se huidige artikels wat in konflik is met die nuwe Wet sal nie geldig wees na 30 April 2013 nie.
  • Aangesien die nuwe Wet die verantwoordelikhede van die direkteure aansienlik verander, gaan die direkteure aan ‘n groter risiko blootgestel word indien  die artikels van die maatskappye nie geharmoniseer word met die bepalings van die nuwe Wet nie.
  • Die nuwe Wet het die verpligte oudit verwyder vir private maatskappye, indien hulle Publieke Telling (“Public Interest Score”) minder as 350 is. Die jaarlikse finansiële state vir die jaar geëindig Februarie 2013 moet geoudit word, tensy die maatskappy hulle artikels verander het, of dit vervang het met die nuwe MOI.

Die MOI sal verder ook voorkeur geniet bo enige aandeelhouersooreenkomste wat maatskappye voor 1 Mei 2011 in plek gehad het. Dit is dus baie belangrik om sodanige ooreenkomste te laat hersien en wysig (indien nodig) voor die afsnydatum van 30 April 2013 om teenstrydigheid tussen die aandeelhouersooreenkomste en die Wet te voorkom.

Alle primêre korporatiewe bestuursaangeleenthede van ‘n maatskappy moet in sy MOI gereël word, wat die MOI dus posisioneer as die primêre bestuursdokument van ‘n maatskappy.

Alle maatskappye word aangeraai om so gou moontlik ‘n MOI in plek te kry en ook te kyk na hul bestaande aandeelhouersooreenkomste ten einde nakoming met die bepalings van die Wet betyds te verseker.

Die kostes vir die opstel van die “MOI” en Aandeelhouersooreenkoms beloop ongeveer:

  •  R2,500.00 (BTW uitgesluit) per “Best Practise”  Memorandum of Incorporation (die “MOI”)
  • R2,500.00 per “Best Practise” Aandeelhouersooreenkoms.

Ons kan u ook verder behulpsaam wees met enige “Broad Base Black Economic Empowerment” (“BBBEE”) verifikasie behoeftes.

Kontak ons gerus vir ‘n formele kwotasie.

Ons sien daarna uit om u by te staan om die nodige wetlike verpligtinge gerieflik en effektief aan te spreek.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X