Op 3 Novermber, na ‘n hardwerkende 2012, het die T Roos & Kie span die jaar afgesluit by Zanchieta Gaste plaas.
Dit was omtrent ‘n winderige dag maar dit was werklikwaar alles die moeite werd.’n Dag in die natuur met die wind en son besef mens weereens hoe nietig die mens eintlik is wanneer die koning van die diere ryk besigtig word. Die praktyk was in twee spanne opgedeel met groep name, Cheetahs en die Leeus, om die besigtiging volt te laat verloop en nie die diere te ontwrig met die groot groepe mense nie, net vir die goeie orde dit was nie vir ‘n rugby wedstryd nie. En so is die twee groepe met ‘n ongelooflike uur toer elk bederf.
Neels het die bedankings en prys uitdeling aan amptenare vir jare diens by die firma hanteer met hulp van Johan, en is daar na tafelgebed gesmul aan Lam op die spit met heerlike bykosse en pragtige marimba musiek in die agtergrond. Daardie manne mag maar musiek maak, en was daar ‘n wonderlike atmosfeer van gesellige kuier.
Natuurlik was die T Roos span se kroos saam op die avontuur en het hulle elke sekonde geniet. Van leeu’s kyk, ponie ritte en die vang van die springkasteel wat deur die wind geskep was die lug in, was daar ure se genot. Die groot verassing was natuurlik die aankoms van kersvader. Die gesiggies ,blink oe en “ all smiles” was wonderlik om te aanskou. Wonderlik om kinderlike onskuld en opgewondenheid te sien met die bederf deur elkeen ‘n geskenk te ontvang van kersvader. Met soene en drukkies is kersvader vaarwel gegroet waarna hy vertrek het, want soos hy dit gestel het dat, “dit is nog ‘n lang en warm pad Upington toe”.
Na ‘n heerlike dag van lekke eet, kuier en lag is ons as dik vrinnde huiswaarts met opmoeg kindertjies en sakke vol sand en windverwaaide hare.