Administration 101: Three things to think about!
November 13, 2012
Welkom by T Roos & Kie se eerste nuusbrief.Soveel van ons kliënte het vir ‘n nuusbrief gevra dat ons net doodeenvoudig die stoute skoene aangetrek het, en hier is die eersteling.

Hiermee wil ons met al ons kliënte in kontak bly en belangrike inligting, datums en verwikkelinge vir u deurgee. Deur die nuusbriewe wil ons ook ons kliëntebasis ondersteun wat sal bydrae om ‘n beter diens vir u te lewer. Hierdie nuusbriewe sal meer inligting deurgee met betrekking tot die volgende:

  • Insiggewende besigheidsartikels en waardevolle inligting uit ons wye verkeidenheid van dienste wat ons bied.
  • SARS inligting, praktyke en prosedures.
  • Waardevolle en relevante wenke.
  • ‘n Fokus op die belangrike inligting wat relevant is tot die kliënt se besigheid en die algemene publiek.
  • Praktyk verwante inligting. Ons hoop en vertrou dat hierdie nuusbrief u van vele kopsere gaan genees.

T Roos & Kie streef na die hoogste vlak van professionaliteit. Elke kliënt is ons top prioriteit.

Dankie vir u lojale ondersteuning!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X